Bok Radio is ’n progressiewe Afrikaanse stasie wat 24 uur per dag, sewe dae per week vanaf Brackenfell in Kaapstad op 98.9 FM uitsaai. Sowat 65% van die lugtyd is musiek — hoofsaaklik Afrikaans, met ’n stewige skeut Engelse oldies en rock — terwyl die res aan geselsradio, nuus, weer, verkeer en sport gewy word. Die stasie mik op luisteraars tussen 14 en 55 jaar in die noordelike voorstede en verder.